How do I create a bug report/af: what changed
Revision 0 to 1. Removed lines have a minus sign; added lines have a plus sign.
Title: How do I create a bug report/af
| Old | New | Line | |
|---|---|---|---|
| 1 | + | Het jy 'n fout in Lazarus gevind en wil dit rapporteer? Wel, hierdie bladsy sal vir jou verduidelik hoe om dit te doen. | |
| 2 | + | ||
| 3 | + | ## Kompilering foute in Lazarus bronkode | |
| 4 | + | ||
| 5 | + | As jy foute kry terwyl jy Lazarus se nuutste hersiening bronkode van SVN gebruik, kontak die [Poslys](http://www.lazarus.freepascal.org/modules.php?op=modload&name=StaticPage&file=index&sURL=maill). 'n Beter idee is om dalk vir ons op die \#lazarus-ide IRC kanaal op irc.freenode.net te kontak. Dit mag heel waarskynlik die voordeel hê dat jou probleem vinniger opgelos sal word. | |
| 6 | + | ||
| 7 | + | ## Kyk of die fout nie al klaar gerapporteer is nie | |
| 8 | + | ||
| 9 | + | Gebruik die soekkriteria in [Mantis](http://bugs.freepascal.org/view_all_bug_page.php) om te sien of die fout nie al klaar gerapporteer is nie. **Wenk:** Die soek-algoritme is nie baie slim nie. So as jy vir inligting soek oor *TEdit.SelStart*, dan tik alleenlik *SelStart* in. | |
| 10 | + | ||
| 11 | + | As dieselfde fout klaar bestaan in Mantis: | |
| 12 | + | ||
| 13 | + | - Gebruik die "Reopen Issue" funksie as die fout toe of gesluit is. | |
| 14 | + | - Las jou besonderhede by die rapport as jy die fout in 'n ander manier kan dupliseer | |
| 15 | + | - Jy kan ook die rapport monitor deur die "Monitor Issue" funksie te gebruik. | |
| 16 | + | ||
| 17 | + | **Let op:** Jy moet ingeteken wees om die Mantis funksies te gebruik. | |
| 18 | + | ||
| 19 | + | ## Rapporteer 'n nuwe fout in die Lazarus Bug Tracker | |
| 20 | + | ||
| 21 | + | - Gaan na die [Lazarus Bug Tracker](http://bugs.freepascal.org/set_project.php?project_id=1). | |
| 22 | + | - Jy moet ingeteken wees om dit te gebruik. | |
| 23 | + | - Gaan na die [Report Issue](http://bugs.freepascal.org/bug_report_advanced_page.php) bladsy. Vul in so veel van die inligting as moontlik. Hoe meer spesifiek, hoe beter. | |
| 24 | + | - Die belangrike velde om in te vul is jou Bedien Stelsel en Produk weergawe. As die probleem nie deur die ontwikkelaars gedupliseer kan word nie, dan kan hulle nie begin om die fout reg te maak nie! Onthou ook om te noem of jy 'n eksotiese rekenaar argitektuur gebruik (bv. big endian of 64-bit). | |
| 25 | + | - Dit is baie keer hulpvaardig om 'n klein toets program op te laai wat die fout bevestig. Dit sal heel waarskynlik help om die fout vinniger op te spoor en herstel. | |
| 26 | + | ||
| 27 | + | --- | |
| 28 | + | *From the Free Pascal wiki, page "How do I create a bug report/af", as it stood on 2015-10-27 after a change by FTurtle, out of the wiki's dump of 2024-05-26. Copyright stays with the author who wrote it, according to the old wiki's [[Licensing]] page. If you have concerns about this material, [message the admin](/wiki-contact).* | |
| 29 | + | Category: Afrikaans | |
| 30 | + | Category: Community/af | |
| 31 | + | Category: Debugging/af | |
| 32 | + | Category: Guidelines/af | |
| 33 | + | Category: SOPs/af |
